Stem, moet nie verwoes vir verandering nie – CDP

Foto: @bemol79/Twitter

Foto: @bemol79/Twitter

Die Christen-Demokratiese Party (CDP) het Dinsdag gesê hy is bekommerd oor die kultuur van gewelddadige betogings om griewe te lug, eerder as om die stembus vir verandering in te span.

“Die gewelddadige onrus wat tans by Mothutlung naby Brits heers en reeds van die inwoners se lewens geëis het, dien as bloedige herinnering aan wat gebeur as mense in ‘n eenparty-mentaliteit vasgevang is,” het ds. Theunis Botha, leier van die CDP, gesê.

“Die kiesers moet besef om teen die ANC te stem, nie op verraad teenoor die land en sy mense neerkom nie, maar juis op lojaliteit teenoor die grondwet. Dit is die enigste manier om te verseker dat korrupsie en magsmisbruik in die bek geruk word, en verbreekte beloftes iets van die verlede sal wees.”

Botha het gesê in die verlede het betogingaksies soos dié dikwels ‘n domino-effek gehad, en kiesers het agtergekom hulle kan die regering voor verkiesings gyselaar neem en so forseer om beloftes te maak – beloftes wat maar net weer ná die verkiesings verbreek word.

Inwoners van Mothutlung betoog sedert Sondag omdat hulle glo drie maande gelede skoon drinkwater gehad het. Die betogers het Maandag ʼn pad met brandende bande versper en die polisie is ontbied om die betoging te monitor. Daar was glo ʼn skermutseling tussen die betogers en die polisie waarna twee betogers glo deur die polisie doodgeskiet is. Die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek die saak.

Intussen het inwoners van Damsonville, ook naby Brits, Dinsdag begin betoog en paaie met brandende bande en klippe versper. Die polisie is op hoë gereedheid in die gebied en die situasie is gespanne.

Lees ook:
Minister versoek rustigheid in Brits
Ondersoek na twee sterf tydens betoging oor water

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Eben ·

Lekkerrrrr manne … Lekker hou dit daar. Dis al hoe ons die anc gaan dwing om sy beloftes tot stand te bring. (Wat hy nie kan nie) Wonder of zumaville skoon lopende water het?

william ·

Die massas sit met n dodelike wapen naamlik stemreg. Hulle het die ANC ingestem en hulle kan hulle weer uitstem. Wanneer gaan hulle dit besef?

Chivago ·

William – uhm, nooit nie?
Ongelukkig is dit ‘n feit – die deursnee stemkorps van Suid Afrika het nie die intelligensie om dit te verstaan nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.