“Stem vir ANC is soos vrouemishandeling,” sê Peter Marais

Pieter Marais. Foto: Reint Dykema

Peter Marais, die voormalige burgemeester van Kaapstad en voormalige Wes-Kaapse premier, het op Facebook gesê wit- en bruinmense wat vir die ANC stem, is so dom soos vroue wat met mans trou wat hulle mishandel.

Marais, die adjunk-president van die Bruin Bemagtigingsbeweging, het Woensdag dié aanmerking op Facebook gemaak, het IOL Vrydag berig.

“Enige bruin- of witmens wat nog die ANC ondersteun en vir hulle stem, is soos ʼn mishandelde vrou wat dink ʼn man gaan ophou om haar aan te rand as hulle eers getroud is. Maar natuurlik kry ʼn mens sulke dom vroue,” het hy geskryf.

Marais het ná die aanmerking aan IOL gesê hy wou net ʼn vergelyking maak van hoe mishandeling in ʼn verhouding dieselfde is as die misbruik van mag. “Dit het niks met die mishandeling van vroue uit te waai nie,” het hy gesê. “Die ANC misbruik hul mag en diskrimineer teen mense teen wie hulle nié moet diskrimineer nie. Daar is mense wat sukkel as gevolg van die ANC, maar tog hou hulle aan om die party te ondersteun,” het hy gesê.

Hy het verder gesê dat die ANC bruinmense nie goed behandel nie.

Phillip Dexter, ʼn woordvoerder van die ANC, het aan IOL gesê dat Marais leuens kwyt raak. “Bruinmense in die Wes-Kaap doen beter onder die ANC se beheer as wat hulle tydens apartheid gedoen het,” het Dexter gesê.

Mbuyiselo Botha, van die Sonke Gender Justice Network, het gesê om na vroue as “dom” te verwys, op vrouehaat neerkom. “Dit wys hoe min respek hy vir ʼn vrou het en dit staan teen alles waarvoor vroue in die land geveg en gesterf het,” het sy gesê

Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Gemsbok ·

Ek kan nie sien dat Peter gesê het dat vroue dom is nie. Hy het gesê dit is dom vir ‘n vrou om lojaal aan ‘n vroueslaner te bly, net so is dit dom om die ANC te ondersteun as hy teen jou diskrimineer. Geldige standpunt. Speel die bal en nie die man nie.

Vanessa Curlewis ·

Ek dink dis n baie goeie vergelyking! Dis mos dom om lojaal te bly aan n persoon of stelsel wat niks terug gee nie!

piet ·

PETER MARIAS WAS NOG NOOIT OP SY BEK GEVAL NIE, ONS KORT MEER SULKE PERSONE MET DURF.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.