‘Ster-skrywer’ en digter sterf

Die joernalis, skrywer en digter Ronel Nel (57) is Sondagaand oorlede. (Foto: Taalgenoot/Facebook)

Ronel Nel, vryskutjoernalis, skrywer en digter, is Sondagaand in Pretoria dood. Luidens mediaberigte het Nel (57) ʼn bakteriële infeksie en orgaanversaking gehad.

Die ATKV-tydskrif Taalgenoot het vanoggend haar dood in ʼn Facebook-plasing bevestig en Nel as een van sy “ster-skrywers” beskryf.

Haar lewensmaat, Dirk Jordaan, het ook in ʼn plasing op Facebook geskryf “ʼn groot boek het gisteraand toegemaak”.

Boodskappe van medelye met Nel se familie en vriende deur verskeie Suid-Afrikaanse joernaliste en kunstenaars, onder andere Karen Zoid, stroom tans in op sosiale media.

Nel het verskeie publikasies, onder meer ʼn digbundel, kinderverhale en ʼn roman, Pelgrimshoop – waaroor sy met Maroela Media in 2017 gesels het – agter haar naam.

Sy het ook as vryskutjoernalis vir verskeie gesin- en reispublikasies insluitend De Kat, Insig, Beeld, Taalgenoot, Rapport, Weg!, Wegbreek, Sawubona en Getaway geskryf. Verder was sy ook verantwoordelik vir rooirose se boeke-, kuns- en vermaakafdeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.