Sterk aardbewing by Griekeland

griekeland‘n Baie sterk aardbewing wat 6,4 op die Momentmagnitideskaal geregistreer het, het naby die kus van Griekse eiland, Kreta voorgekom.

Die naaste stad was Platanos. Dis ‘n area wat gereeld deur aardbewings getref word, en was die negende beduidende aardbewing die afgelope jaar in die omgewing. Volgens die Griekse polisie is geen skade of beserings aangemeld nie.

Dit is die derde sterk aardbewing die afgelope 24 uur, met die eerste wat M63, wat by L’ Esperance Rock, Nieu-Seeland, en een van M6,1 wat in Venezuela voorgekom het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.