Sterk aardbewing skud Japan

Aardbewingskade

‘n Aardbewing van 6.1 op die momentmagnitudeskaal het Saterdag naby die kus van Japan voorgekom. Die naaste stad is Namie wat 50 kilometer van die episentrum geleë is. Tokio is 278 kilometer suidwes van die episentrum geleë.

Geen Tsunami-waarskuwing is uitgereik nie en die twee kernkragaanlegte het nie enige onreëlmatigheide aangemeld nie. Geen ernstige skade word verwag nie, maar dit is een van die sterkste aardbewings die afgelope week wat wêreldwyd voorgekom het. Slegs ‘n skudding van M 6,8 by die Marianne-eilande was beduidend sterker.

‘n Interessante verskynsel is dat plekke wat gewoonlik vele ligte skuddings beleef, soos dele van die VSA, se skuddings die afgelope tyd ietwat sterker is. Dit geld veral die Alaska-skiereiland en sy verlenging via die argipel tot by Siberië. Hier kom ook nou verhoogde vulkaniese aktiwiteite voor waar die Stille-Oseaan se tektoniese plaat teen Alaska en Siberië bots en na onder gedruk word.

‘n Sterk, natuurlike skudding het in Noord-Korea voorgekom, nie ver van die plek waar dié land onlangs ‘n kernbom getoets het nie. Sedert die ontploffing was daar aardbewings in dieselfde omgewing, maar in Rusland en China.

‘n Ongewoon sterk skudding van M 4,3 het ook naby Shawville in die ooste van Kanada voorgekom, gevolg deur verskeie naskokke. Baie sterk aardbewings aan Kanada se weskus is nie ongewoon nie.

Tradisioneel kom verreweg die meeste aardskuddings in die noordelike halfrond voor, maar die afgelope week was daar verskeie sterk aardskuddings in die suidelike halfrond. ‘n Skudding van M 5.7 het sowat 2 000 kilometer reg suid van Hermanus voorgekom, een van ‘n reeks van vier van soortgelyke sterkte wat die afgelope week in ‘n lyn in die rigting van Suid-Amerika voorgekom het. ‘n Ligter skudding van M42,2 het vyf kilometer van Rolleston in Nieu-Seeland voorgekom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.