Stern-meesterstuk vir miljoene opgeveil

Irma Stern se Arab

Irma Stern se Arab is Maandagaand vir miljoene rande opgeveil tyden Strauss & Co. se winterveiling in Johannesburg.

Stern se Arab is vir ‘n indrukwekkende R17 267 000 opgeveil. Dit is die tweede hoogste veilingprys vir ‘n skildery wat op ‘n veiling in Suid-Afrika verkoop is. Stern se Two Arabs het verlede jaar die hoogste veilingprys vir ’n skildery behaal toe dit vir R21 166 000 verkoop is. Arab is in 1939 geskilder en is in sy oorspronklike Zanzibar-raam – kompleet met blom- en blaarpatrone opgeveil. Die hoogste bod het aan ‘n Suid-Afrikaanse koper gegaan. Daar is verwag dat die skilery vir sowat R9 miljoen sou verkoop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.