Steve en die plaasmoordstatistiek

Steve Hofmeyr

Die sanger Steve Hofmeyr sal na verwagting Maandagmiddag reageer op ʼn berig wat Sondag in Rapport verskyn het en ʼn artikel wat verlede week Maandag op die webwerf Africa Check gepubliseer is. Die artikels het kritiek uitgespreek op plaasmoord-statistiek wat hy vroeër op Facebook aangehaal het.

Steve het op 20 Junie op sy Facebook-blad en sy blog geskryf: “In leketaal: my stam sterf. Soos vlieë. Ons sterf teen ʼn ongekende tempo. En dit in ʼn tyd van vrede. Maar selfs in oorlogstye het ons nie só gesterf nie.” Hy voer verder aan dat “ʼn wit boer elke vyf dae vermoor word”. ʼn Sirkeldiagram wat hy ter stawing gepubliseer het, is verwyder, met ʼn opmerking deur Hofmeyr dat hy eers dié statistiek wil hersien.

ʼn Onafhanklike webblad vir ondersoekende joernalistiek, Africa Check, het egter op 24 Junie dié statistiek in twyfel getrek. “Die bewerings is foutief en uitermatig oordrewe. Om die waarheid te sê, witmense het ʼn kleiner kans om vermoor te word as enige ander rasgroep,” skryf Nechama Brodie in die artikel. Volgens Brodie het Rob McCafferty van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se Nasionale Beplanningskommissie die volgende statistiek aangehaal:

• 32.12 – die aantal moorde per 100 000 mense in Suid-Afrika in 1970
• 30.9 – die aantal moorde per 100 000 mense in Suid-Afrika in 2011/12
• 1.8% – die aantal wit moordslagoffers in ʼn polisie-analise van moorddossiere

Pieter-Louis Myburgh het Sondag in sy artikel in Rapport aangevoer die moordkoers vir wit mense in 2009 was vyf keer laer teenoor daardie jaar se nasionale moordkoers. “Die navorsing waarop Steve staatmaak, is vol gebreke. As mens ’n bepaalde oortuiging koester, gaan jy net kyk na die navorsing wat daarmee strook,” het dr. Johan Burger van die Instituut vir Sekerheidstudie (ISS) volgens Myburgh gesê.

Hofmeyr het aangedui dat hy graag die nodige feite wil versamel en inligting wil inwin voor hy op die kritiek wat deur Rapport en Africa Check uitgespreek is, reageer.

Lees ook: Nuuskommentaar: Steve se syfers

Klik hier om Steve se blog-inskrywing te lees
Klik hier om Steve se Facebook-inskrywing te lees
Klik hier om Steve se Twitter-inskrywings te lees
Klik hier om die Rapport-artikel te lees
Klik hier om die Africa Check-artikel te lees

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Johan Theron ·

Die Howe is oop vir die publiek van Maandag tot Vrydag . Doen uself n guns en gaan spandeer n dag as waarneemer in enige van die Howe en u sal self kan besluit waar word die meeste misdaad gepleeg en deur wie ! Definitief nie deur die Blanke bevolking van ons land nie – ons is wel die slagoffers

Theo Prinse ·

Ik heb deze informatie zojuist nog voor de 2e keer in een andere vorm aan de Nederlandse Partij voor de Vrijheid, de Staatkundig Gereformeerde Partij en aan de ChristenUnie gestuurd.
In mijn berekening aan politieke partijen in het Nederlandse parlement ga ik uit van:
35 moorden per honderdduizend inwoners per jaar en van:
50+ miljoen inwoners in Zuid Afrika.
100.000 gaat 500 keer in 50 miljoen
500 x 35 moorden is 17.500 moorden per jaar op de totale Zuid Afrikaanse bevolking

Op 50+ miljoen Zuid Afrikanen zijn er:
41 miljoen blacks
6 miljoen bruinmense
1.5 miljoen Asians
3 miljoen blanken waaronder:
20-30.000 blanke farmers (remote living)

Als er naar schatting
10.000 moorden per jaar op 41 miljoen blacks zijn – (10.000 -/- 410 = 24 blacks murdered per 100.000 blacks)
en er naar schatting
4.500 moorden per 100.000 p.jr op bruinmense – (4.500 -/- 60 = 75 bruinmense murdered per 100.000 bruinmense)
en er naar schatting
1.400 moorden per 100.000 p.jr op Asians – (1.400 -/- 15 = 93 asians vermoor per 100.000 Asians)
en er naar schatting
1.500 moorden per 100.000 p.jr op blanken – (1.500 -/- 30 = 50 blanken vermoor per 100.000 blanken)
en er bijna 100 moorden per jaar op 20.000 blanke boeren (white farmers) ….
dan zijn er 500 moorden per virtuele 100.000 blanke BOEREN per jaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.