Steve en Janine wil troue klein hou

Janine van der Vyfer en Steve Hofmeyr

Janine van der Vyfer en Steve Hofmeyr

Steve Hofmeyr het Maandag sy dilemma oor wie hy en sy verloofde, Janine van der Vyver, na hul troue toe gaan nooi, met sy ondersteuners gedeel. Hofmeyr en Van der Vyver het in September 2011 verloof geraak.

“Om die hele land en elke bedryf so persoonlik te ken, musikante, sangers, filmakteurs, skrywers, digters, TV-akteurs, toneelspelers, ingenieurs, media en politici – is dit my moeilikste besluit om ‘n klein troue te hou waar daar bykans geen bekendes is nie,” het Hofmeyr op Facebook gesê.

“Ek en Janine se reël is dat as ons nie beide iemand goed ken of ten minste huisvriende is nie, vra ons hulle nie na die troue nie. Alhoewel meeste van my kollegas dit verstaan, maak dit maak dinge steeds bietjie moeiliker vir my. Ek ken almal en was by meeste se troues! Maar so hou ons die troue klein tussen slegs familielede en weg van ʼn paparazzi-geleentheid. Daar sal geen pers, kameras en media wees nie. Ek hoop maar my kollegas en die publiek verstaan wat ek en Janine probeer doen. Dankie.[sic]”

Janine se verloofring.

Janine se verloofring.

Hofmeyr se aanhangers het positief hierop reageer en die meerderheid het gesê hulle verstaan sy versoek, solank hulle net ná die tyd foto’s kan sien.

Hofmeyr het aan Maroela Media gesê hulle deel nog nie al die inligting nie, en dat die uitnodigings nog nie uitgestuur is nie. Hy het wel aan Maroela Media gesê die troue is vroeg in volgende jaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

AmY ·

Mooi so Steve. Dat jou trou nie ook in ‘n ‘media-sirkus’ gaan opeindig nie, Maar ‘n tydskrif soos Finesse sou dit nogal mooi hanteer get.

nic van rensburg ·

Hi Steve
Besluite, besluite! Ingewikkelde lewe die een. :)

leon ·

Dis ok die keer Steve, maar op die volgende of die een daarna wil ek ook genooi word asb. Hahah

Seg ·

Hoekom die hele koei koop as jy die melk in ‘n bottel kan koop.

marlene ·

Hoekom die hele vark koop as jy die varkworsie verniet kan kry?

Betsie Breytenbach ·

Dankie tog nog iemand met verstand. Ek stem saam ‘n mens hoef nie die hele wêreld na ‘n troue te nooi nie. Mens hoef ook nie eers die hele familie te nooi nie. Mense wat vir jou en jou aanstaande belangrik is en saam met wie jy kuier en gemaklik voel…. dis al wat tel..!!!

nic van rensburg ·

Die “varkworsie” een is so bietjie rof. Die ou het nou wel ‘n paar draaie geloop en “worsie” sal seker doen. Maar die vark-gedeelte… :)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.