Steve gaan nie vir e-tol registreer

Steve Hofmeyr. Foto: bands.co.za

Steve Hofmeyr het gesê hy gaan nie vir e-tol registreer nie. Dit volg nadat die burgerregte-organisasie AfriForum ʼn beroep op motoriste gedoen het om nie vir e-tol te registreer nie nadat die grondwethof Donderdag die interdik teen die implemtering van e-tol opgehef het.

Steve het Donderdagaand op Twitter geskryf: “Nee, ek gaan nie RT @NicklaasJanse: @steve_hofmeyr gaan jy registreer vir die e-tol? En wat beveel j aan? Sien afriforum se ons moet nie??”

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, beteken die hofuitspraak nie die einde van die e-tolgeveg nie. “Die geveg begin nou eers,” het Kriel gesê.

Kriel het daarop gewys dat vandag se hofuitspraak bloot oor die interdik gehandel het, en dat die Bondgenootskap Teen Stedelike Tol (Outa) se hoofaansoek nog aangehoor moet word. Volgens hom is daar uitstaande kennisgewings rakende tariewe en kwytskeldings wat nog in die staatskoerant gepubliseer moet word voor e-tol toegepas kan word, en is AfriForum gereed om enige onbillikhede soos straftariewe, wat in die kennisgewings vervat mag word, in die hof te beveg.

AfriForum het volgens Kriel besluit om nie voertuie wat vir die organisasie se werksaamhede gebruik word, vir e-tol te registreer nie. “Indien genoeg motoriste uit protes ook nie registreer nie, sal dit die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) dwing om weer te besin oor die kostedoeltreffendheid van die e-tolstelsel as ’n verhalingsmeganisme,” het Kriel bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

SANETTE HENNING ·

Dankie Steve!!!!! Ons in Mpumalanga het ook n probleem n bestaande roete tussen Bethal en Trichartd is in N17 tolpad omskep met geen alternatiewe roete. Trichardt tolplaza is nog nie oop nie maar na wat verneem word gaan tolgelde R15/rit beloop. Nou waar gaan ons daaglikse pendelaars daai soort geld kry al kry ons n etag maak dit nog n groot impak op stygende petrol en lewenskoste. HELP WIE KAN ONS SE WAAR MOET ONS AANKLOP STEVE, AFRIFORUM HELP DIE PLATELANDERS ASB

Dirk van Zyl. ·

Wat gaan gebeur ?
Ek gaan ni registreer nie, maar ry een keer per maand vanaf Noord-Wes Provinsie die R21 na my Familie
in Kemptonpark en Benoni !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.