Steve in hof oor spoed

Steve Hofmeyr. Foto: Facebook

Steve Hofmeyr. Foto: Facebook

Steve Hofmeyr het Maandag vlugtig in die landdroshof in Bronkhorstspruit verskyn nadat hy op 19 Desember vir ʼn spoedoortreding in hegtenis geneem is.

“Sou buite die hof my boete wou vat, maar hulle wil nie,” het Steve ná sy verskyning getwiet. “Uitgestel tot 23 Januarie 2014. Kan opsies rustiger oorweeg.” Hy het glo aan die SAUK gesê hy het drie regsopsies wat hy kan oorweeg om moontlik buite die hof te skik.

Hy het Maandag aan verslaggewers buite die hof gesê hy het nie besef hy ry so vinnig nie.

Steve sal tydens sy volgende hofverskyning pleit op aanklag van roekelose en nalatige bestuur en dat hy die spoedgrens verontagsaam het. Hy het 169 km/h gery.

Steve skerts op Twitter: “Ek is lank genoeg hier om ‘n vinnige Bronkhortspruit middagkonsert te reël. Die Bloubul op die hoftrappies.”

Lees ook:
Misverstand oor Steve Hofmeyr-hofdatum
Steve Hofmeyr vandag in hof
Malema boos oor Steve se borg
Steve sê oor arrestasie
Steve Hofmeyr in hegtenis geneem

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.