Steve Hofmeyr en Hennie Smit vereer

Die ATKV het Donderdag in Centurion vir Steve Hofmeyr en Hennie Smit vereer vir hul rol om die Afrikaanse taal en kultuur te bevorder.

“Steve Hofmeyr en Hennie Smit se vele talente is beide reeds as skolier en student raakgesien en ingespan by vele konserte, revues, studentetoere en optredes. Albei het musiek en drama studeer en dit hul voltydse en lewenslange beroep gemaak,” het Sakkie Kotze, ‘n direkteur van die ATKV, gesê.

“Steve en Hennie het van die begin af tot nou toe hul passie en liefde vir die Afrikaanse taal en kultuur op vele wyses en deur middel van verskeie kultuurgenres bevorder en uitgeleef. Hulle doen dit vandag nog as verhoogkunstenaars: as sangers, liriekskrywers, eie musiekbegeleiding met musiekinstrument, musiekkomposisies, akteur in toneelspel, films, TV-sepies en oor die radio. Albei het vele sang-, musiek-, en toneelopnames die lig laat sien wat deur die publiek as Africana beskou en bewaar word. Steve Hofmeyr en Hennie Smit het lewende legendes van hul tyd geword en elkeen het op hul eie unieke wyse, persoonlikheid en styl ikoonstatus verwerf,” het hy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.