Steve Hofmeyr in hegtenis geneem

Steve Hofmeyr. Foto: Facebook

Steve Hofmeyr. Foto: Facebook

Lees ook:
Steve sê oor arrestasie

JONGSTE: Steve het intussen bevestig die inligting wat Nxumalo verskaf het is nie korrek nie. Hy is in ‘n 120 km/h-sone afgetrek. Die berig word só gewysig.

Steve Hofmeyr is Donderdagaand in Bronkhorstspruit in hegtenis geneem nadat hy die spoedbeperking oortree het.

“Hofmeyr is in die die Bronkhorstspruit-gebied in hegtenis geneem nadat hy teen 169 km/h in ‘n 120 km/h-sone gejaag het,” het Busaphi Nxumalo, woordvoerder van die Gautengse verkeerspolisie, gesê. “Hy word van roekelose en nalatige bestuur aangekla en dat hy die algemene spoedgrens oortree het.”

Steve is reeds op borgtog van R500 vrygelaat en hy sal Maandag in die landdroshof in Bronkhorstspruit verskyn.

Julius Malema is vroeër vanaand vir dieselfde oortreding in hegtenis geneem nadat hy teen 215 km/h in ‘n 120 km/h-sone gejaag het. Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Alan ·

Miskien moet hulle hom en Julius in dieselfde sel sit – dit behoort n paar goeie gesprekke af te gee. Is die mense totaal gek om teen daardie spoede te jaag? Wat gebeur as daar iemand oor die pad loop – jy het geen kans om betyds te stop nie.

Iemand ·

Dit gebeur elke liewe dag op elke liewe pad in die land. Mense word net nie gevang nie. Die wat wel gevang word haal net nie altyd die nuus nie. Hy is egter ‘n bekende en daarom die berig. Niks snaaks nie.Vat jou pak slae soos ‘n man.

Ria Maritz ·

EISH – en het ek nou gisteraand behoorlik lekker gekry toe ou Juli-ass inhegtenis geneem is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.