Steve Hofmeyr kom regering by in nuwe liedjie

Steve Hofmeyr

Steve Hofmeyr

‘n Skakel na die lirieke van die liedjie volg onderaan die berig. Steve Hofmeyr gaan glo ‘n paar staatsamptenare warm onder die kraag hê oor ʼn nuwe liedjie wat hy tans opneem.

Steve het Woensdag op Twitter geskryf: “Vandag neem ek ‘n liedjie op genaamd ‘Die Government Song’. Dit gaan nie oral ewe goed ontvang word nie ;-)”.

Die twiet het reeds positiewe reaksie van sy ondersteuners ontlont.

Die video handel oor ʼn boer wat op sy stoep staan met ʼn vervoerband langs hom wat van binne die boer se huis tot in ʼn regeringsvragmotor loop. “So staan die boer en kyk een vir een hoe sy besittings op die band verby hom gaan… van sy televisie tot sy vrou en kinders; dis basies alles wat die boere weens die regering verloor,” het Steve Woensdag aan Maroela Media gesê. “In die regeringstrok sit die bestuurder lekker en lag.”

Hy sê dit is dalk nog bietjie vroeg om te sê, maar die lirieke gaan moontlik party regeringsamptenare laat rooi sien.

“Ek is besig om aan my Toeka 3 CD te werk, en soos al die voriges is dit nogal ʼn lang projek en gaan dit eers volgende jaar uitgereik word.” Volgens Steve het hy spesiaal drie van sy eie liedjies vir dié CD geskryf: “Een wat ek opneem saam met Joe Pieterson (agterspeler vir die WP) nadat ek ʼn weddenskap verloor het. ʼn Nuwe Blou Bul-liedjie, Ons Bloed Bly Blou, met die nuwe rugbyhelde se name by en dan ‘Die Goverment Song’,” het Steve gesê.

Klik hier om die lirieke van die lied te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Elize ·

Al sing jy enige iets,al doen jy n nuwe Bloubul liedjie,en ek is n WP ondersteuner,bly jy, die beste.Sal graag die regerings liedjiie wil hoor.

Vas Vat ·

Steve, as jy regtig n impak wil maak, stel die liedjie nou vry…volgende jaar is te laat.

Christine van Vegelen ·

Steve, die tyd is nou. Bring die ding uit as ‘n single as dit moet, maar asseblief, DOEN DIT NOU!!!

Deon Louw ·

Ek sal ook graag Die Government Song wil hoor en glo jy moet hom nou al uit bring. Staan saam jou ‘n Blou bloed ondersteuner….

Willie Zietsman ·

Steve, ek sien uit na Toeka 3! Het reeds al die vorige Toekas gekoop en geniet dit STEEDS! Al is jy ‘n stoere bloubul en ek ‘n BLOU OVAAL (Ford), geniet ek jou musiek terdeë. Ek geniet veral jou spotdryf met die anti Afrikaanses en die regering!

Annalien ·

Steve – wat van jou eerste openbare optrede met die song by die Red October protes? Sien uit na die vrystelling – jy bly maar tops!!!

Roelof ·

Steve, bring asb die Government Song nou uit. Doen hom asb in Engels ook, miskien sal die LIBS dit verstaan. STERKTE. Sê jou Sê in JOU songs!!!

Meisie ·

Steve, asb laat ons die woorde so gou moontlik kry , dat ons hartlik kan saamsing, vir almal om te hoor!!!!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.