Die 24 uur DSTV-kanaal Comedy Central sê Hofmeyr sal as “een van Suid-Afrika se mees omstrede vermaaklikheidsmense” in die program deurloop. Die kanaal sê in ʼn verklaring dat Hofmeyr die eerste persoon in Afrika sal wees om oor die kole gehaal te word deur die “roastmaster” en “roasters”. Hofmeyr sal onder meer uitgelok word en onderwerp word aan gemoedelike gekskeerdery en staaltjies van komediante, familie, vriende en kollegas. Die program sal op 11 September in die Lyric-teater by Gold Reef City in Johannesburg voor ’n gehoor opgeneem word en sal op Maandag 24 September uitgesaai word.
Ander bekendes wat al in die program deurgeloop het sluit in: William Shatner, David Hasselhoff, Pamela Anderson, Donald Trump, Joan Rivers, Denis Leary en Flava Flav.