Steve Hofmeyr praat oor Zuma-skildery, The Spear

Steve Hofmeyr. Foto: bands.co.za

Steve Hofmeyr het na Dinsdag se drama om die veelbesproke kunswerk van kunstenaar Brett Murray die volgende op sy Facebook blad te sê gehad:

“’n (Wit) kunstenaar hou tans ’n tentoonstelling van sy skilderye, met Afrika en sy betwyfelbare leierskap as leitmotief. Een daarvan was omstrede weens sy uitbeelding van Jacob Zuma as Lenin met ’n penis. ’n Klein, rooierige een. Die president en sy party kry toe ’n moraliteits-trombose. In normale debatte sou ek die kant van die persoon gekies het wat deur kunstenaars of media geboelie of verneder is. Maar die dinge waarvoor ons president in sy privaat hoedanigheid beledig word, is dinge wat hy op ons “watch” gedoen het, d.w.s. in sy kapasiteit as ons ‘dienaar’ en met ons geldjies. Dit sluit sy vroue en sy kinders in, hul trippies oorsee en dan ’n laaaang lys dinge waaroor mens nie met jou president spog nie – self al het hy meer as 780 klagtes wat wissel tussen korrupsie, belastingontduiking en verkragting, ontduik. En hierdie jaar doen sy regering aan Limpopo skoliere wat Mbeki aan VIGS slagoffers gedoen het: saboteur hul toekoms. En hy kla oor sy eer en waardigheid. Dit was nie ‘n dag nie of twee mans stap in en vandaliseer dié skildery. Onder omstandighede sou ‘n slimmer gallery die oorspronklike ene agter weggesteek het. Uiteindelik laat die skildery (wat glo reeds teen R136 000 gekoop is) sowel as die president se reaksie, asook die daaropvolgende vandalisme, ‘n af smakie in my mond. En nou kom daar ‘n versoek dat iemand Steve’s Spear of the Nation wil verf. Wie kan dit keer? [sic]”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.