Steve Hofmeyr sê stilbly is nie meer ‘n opsie nie

Steve Hofmeyr

Steve Hofmeyr

Die sanger Steve Hofmeyer het om verskoning gevra as enige van sy uitsprake as rassisties ervaar word, maar bygevoeg dat stilbly nooit weer ‘n opsie sal wees nie.

Joan Fubbs, ‘n senior ANC-LP het Donderdag in ‘n verklaring in die Nasionale Vergadering gesê Hofmeyer moet hom “weerhou van uitsprake wat verdelend is en rasgegronde diskriminasie aanblaas,” het Beeld Vrydag berig. Fubbs het verwys na Hofmeyr se uitsprake tydens die Rooi Oktober-optog in Pretoria. Klik hier om meer te lees.

Hofmeyr het Vrydag aan Maroela Media gesê stilbly sal nooit weer ‘n opsie wees nie. “Hoe is rassekwotas nie “verdelend” of “rasgegronde diskriminasie” nie?” het Hofmeyr gevra. “Hoe is reparasies eties as die verkeerde mense gestraf of gekompenseer word? Hoe straf jy die nageslag van burgers wat wetties opgetree het (slawerny en Apartheid was eens grondwetlik!)? En indien wel, hoe sou ons seker kan wees dat ons wettige optredes vandag nie eendag strafbaar sal wees nie?”

Volgens Hofmeyr kan sy uitlatings tydens die Rooi Oktober-optog maklik opgesom word: “Ek vra net die verkragting en sterftesyfer-”standaard” van die lande van my voorvaders en nie dié van Mfecane nie. Dit behoort die hele land se ideaal te wees.”

Hofmeyr vra egter om verskoning as enige van sy uitsprake as rassisties ervaar word. “Ek haat niemand. Ek soek eerlikheid en oplossings,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Hein ·

Kan nie wag dat die libs nou weer op hul seepkissies klim en alles verdraai om hulle agendas te pas nie. Maar vir die anc se agenda, dink ek Steve vra te veel. Ons sal ander reels op die tafel moet sit. Die “game”skuif na n ander speelveld, en n rat of twee op-rat.

Frik Lotz ·

Steve,mens kan nie stilbly as n ding verkeerd is nie. Ons moet opstaan vir ons regte en sorg dat reg en geregtigheid seëvier. Dis reg dat jy jou mening gegee het,niks verkeerd daarmee nie. Die Afrikaner het lank genoeg n jammer-ek-leef houding ingeneem. Dis tyd dat die Afrikaner sy stem laat hoor!

Frik Lotz ·

Steve,mens kan nie stilbly as iets verkeerd is nie. Ons moet opstaan vir ons regte en vir reg en geregtigheid. Die Afrikaner het lank genoeg n jammer-ek-leef houding ingeneem. Dis tyd dat die Afrikaner sy stem dik maak en van hom laat hoor. Ek sien niks fout daarmee dat jy jou mening gegee het nie,dis tog vryheid van spraak!

Trudé Nell ·

Ai tog, wat vir ‘n deurmekaarspul het die ou mensdom tog gebaar? Wat het van gesonde verstand en vreedsame naasbestaan geword? Dalk moet ons ‘n ommekeer maak en orde uit die chaos probeer herstel. Wonder hoeveel geslagte dit sal neem?

Johanna ·

Ek skud maar net my kop. “Sommige mense” kan se net wat hulle wil en selfs moord op die witman aanblaas, kan hofbevele minag en hy/hulle kom skotvry. Jy is baie dapper Steve, daar is duisende(miljoene?) wat jou ondersteun en ek wil my verstout om te se selfs duisende anderkleuriges ook.

Frank ·

Die man het twee grootes van Titanium! Ons almal behoort daarna te streef…

chris du plessis ·

Dankie Steve, jy is n ware Afrikaner patriot. dankie ook vir die feit dat jy Afrikaners eerste plaas en nie verstrengel raak in ras retoriek nie. Die internasionale gemeenskap het geen probleem met mense wat op etniese grondslag hul regte eis nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.