JONGSTE: Steve Hofmeyr het Maandag aan Maroela Media bevestig sy hofverskyning is eers vir volgende week geskeduleer.
Steve Hofmeyr sal na verwagting Maandag in die Bronkhorstspruit-landdroshof verskyn op aanklag van roekelose en nalatige bestuur en spoedoortreding.
Hofmeyr is Donderdagaand in Bronkhorstspruit in hegtenis geneem nadat hy die spoedgrens verbreek het. Hy is op borgtog van R500 vrygelaat. Hofmeyr het 169km/h in ʼn 120km/h-sone gery.
Hofmeyr het Vrydag in ʼn verklaring gesê dit is onverantwoordelik om te vinnig te ry. “Dit was onverantwoordelik en gevaarlik,” het hy in ʼn verklaring op sy Facebook-blad gesê.
Lees ook:
Steve sê oor arrestasie
Ten minste erken Steve dat dit nalatig en agterlosig was !
Die wette geld vir alle landsburgers, (sekere bloulig-brigades Winnie en kie) kom ongelukkig weg met moord.
Daars hordes mense wat elke dag boetes kry…..Dis net n lekker bedraggie; daarom haal dit die nuus. Die groot storie sal gaan oor Steve en Malema. Almal sal later vergeet van die spoed! Kan nogal funny raak…