Steve, publiek sê hul sê oor Pta se naam

Die sanger Steve Hofmeyr was een van talle lede van die publiek wat die naweek openbare vergaderings oor die hoofstad se naamsverandering bygewoon het.

Rapport berig dat die naam Pretoria vir een groep Suid-Afrikaners sinoniem is met verdrukking terwyl dit vir die ander groep geen verbintenis met apartheid het nie. Die openbare vergaderings is in die K.T. Motubatse-gemeenskapsaal, Temba-stadion, Pretoriase stadsaal, Centurion-raadskamer, Refilwe-gemeenskapsaal, Rethabile-gemeenskapsaal en Bronkhorstspruit-sportsentrum gehou. Volgens die berig het talle sprekers hul steun aan die naam Pretoria toegesê weens die rol wat Afrikaners gespeel het om die stad te vestig terwyl ander meen Pretoria is die hoofstad van apartheid en is dit ʼn plek waar swart mense moet weet dat gelykheid met wit mense hulle nie beskore is nie. Die burgerregte-organisasie AfriForum het voorgestel dat die naam Pretoria behou word vir die stad en dat die metroraad Tshwane genoem word. Die sanger Steve Hofmeyr het die vergadering in die stadsaal bygewoon en na die tyd aan Rapport gesê: “Ons moes gepraat het toe ons nog kon, in 1994” en “Ek noem stede wat ek wil.” Die DA het vroeër voorgestel dat Pretoria se naam verander word na Tshwane-Pretoria aangesien dit die geskiedenis van almal wat in die stad woon sal respekteer.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.