Steve se lirieke vir “Die Government Song”

Steve Hofmeyr

Steve Hofmeyr

Maroela Media het vroeër die week berig Steve Hofmeyr gaan glo ‘n paar staatsamptenare warm onder die kraag hê oor ʼn nuwe liedjie wat hy tans opneem (klik hier om meer te lees).

Steve het Woensdag op Twitter gewaarsku dat die liedjie moontlik nie oral ewe goed ontvang sal word nie.

Hy het ook onderneem om die lirieke aan Maroela Media te stuur om eksklusief eerste te publiseer. Hier is dit nou, uit Steve se pen…

Die Government Song

Ek kry hom in ʼn hoek op ʼn kroeg in De Aar
Hy tokkel vir kontant op ʼn ou kitaar
Hy sê 23 doppe sal hom deur kan dra
Maar sy oë sê my anders sy oë se hy’s klaar
Ek sê hom ek is Wim, hy vra my waarvandaan
En hoe voel dit om so naby aan ʼn loser te staan
Hy sê die bier is op my, die joke is op hom
En as ek lank genoeg bly sing hy die Goverment Song

Hy sing ʼn mielieboer John-Deer-Hilux song
Jy gee jou wins vir die government en sê so long
Hy vat jou vrou en jou kinders en hy vat jou hond
Sê my oom Wim waar sal ek weer begin?
Hy vat alles op die plaas en hy eis ook die grond
Hy vat jou oupa se stories en die kos uit jou mond
hy vat die skoene aan jou voete en die taal op jou tong
Sê my oom Wim waar sal ek weer begin

Hy sê my oom jy weet nou ek’s ʼn government man
Alles wat ek maak sal vir die government gaan
My oupa was ʼn Strijdom en ʼn Hertzog man
My ma was vir Smuts maar ʼn nooi Malan

Jy sien my enigste sonde is die tyd my pel
Dis die tyd en die plek en die kleur van my vel
My voorvaderspoor was ʼn lydensweg
Maar k*k en betaal is my geboortereg

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Stoere Boer ·

Ai Maroela Media dis mos verkeerd om sulke kras liedjies teen die regering te publiseer of gaan my kommentaar weer verwyder word. Dis mos nie julle beleid om die regering te kritiseer of om “kras” op te tree nie

Melien ·

Meneer ek voel dis BESLIS nie kras genoeg nie. Dalk is dit tyd dat u beter ingelig word? Is u op facebook? Vind en volg ‘n paar groepe soos Boere Krisis Aksie (B.K.A ) en sien hoe vinnig jou persepsie kan verander. Hierdie is nie die tyd vir ordentlikheid nie. Mense sterf daagliks en hulle lewens is baie meer werd as ons ordentlikheid…

Corrie Oosthuizen ·

Dis akkuraat, maar ek dink dis nog sagkens gestel………

susan ·

Ek love dit hehehe kan net dink hoe hy gaan klink. GAAN GROOT STEVE !!!!

MATILDA ·

100 % VIR STEVE HY SLAAN DIE SPYKER SO REG IN DIE MIDDEL. WELL DONE ! !

Liz Dippenaar ·

Soos maar net Steve dit kan doen!!!! Sing maar net die waarheid wat uit die hart kom!!!

Miriam ·

This CD better arrive soon – I will support Steve – it’s a reality what is happening in SA and its a shame that we hear of so many deaths each day and they get away with it! Steve – keep rolling on the songs!

sons ·

Ons het meer “famous” gesigte nodig om te se wat hulle dink! Anders sal niks verander nie. Ek kan nie wag om die liedjie te hoor nie!

Jasper ·

Dankie Steve. Kry die Afrikaner uit daardie “Ek is jammer dat ek lewe” houding uit.

Johan ·

Sing hom en maak n verskil sien almal gaan hom uit volle bors uit sing net soos die De la rey liedjie

Eugene Norval ·

Steve, soos jy weet sal daar altyd mense wees of as hul mense genoem kan word, wat altyd dink, hulle is better en sing better as ander.Mooi so Steve dit is wat ons nodig het.

Heidi-Louise ·

As hierdie song die RSG speellys gaan maak koop ek vir my ‘n hoed en eet hom op! Verseker gaan daar ‘n paar blou tone wees, maar dis te verwagte. Wel gedaan, Steve, doe zo voort. Tog te lekker dat jy weereens jou rug styfmaak, want min ander celebs het die guts daarvoor. Wat van ‘n soortgelyke duet met Sunette? Hehehe, kan al sien hoe rek die oë en word die asems ingetrek!

tanya weimann ·

Ek dink glad nie dis erg nie. Uitstekend geskryf uit die pen van n meester.

Abie ·

Niks in hierdie lirieke kan enigiemand skade aandoen nie, behalwe as jy aan die “anderkant” is en weet die skoen pas jou. Ek glo dat 90% van die normale mense in SA nie ‘n idee het van wat in die sogenaamde “struggle songs” gesing is / word nie. Ek lees in Steve se lirieke die gevoel van hopeloosheid raak en dit is ontstellend, ja. Ontstellend omdat dit te naby aan die werklikhied is en mens daarvan bewus maak dat die witman in Suid Afrika so vuisvoos is van al die kritiek en onbillike behandeling dat hy wil moed opgee ! En wat nie mag gebeur nie. Ons het ook ‘n erflatenskap wat gerespekteer en beskerm behoort te word. Dit is ons reg. Nie alles uit ons verlede is / was tot nadeel van swartmense in SA nie. Maar dit (die positiewe – die opheffingsgeleenthede, die ontwikkling waarin hulle deel, ens) sal die meerderheid swartmense nooit erken nie, want dit pas nie op hulle politieke agenda nie. Iemand moet muishond wees, dan lyk jou eie saak beter. Ek weet daar is baie van ons wat steeds kan dink en wat steeds perspektief op onsself (ons “zein”) het. Dit is die slapende reus wat kragdadig kan opspring die dag wanneer daar besluit word genoeg is genoeg. Daaroor behoort die “ander kant” bekommerd te wees – en nie oor Steve se lirieke nie………..

Tom ·

Ek stem saam!! Steve begin sing oor die oorwinning ! Dit skip moed en durf!!

Anelda ·

Die lirieke is teleurstellend en onsamehangend, want dit lewer nie kritiek nie en spoor ook nie aan tot positiewe optrede nie. Dit hamer maar weer net op die ou snaar van ” ons arme slagoffers”. Maar dit sal seker weer ‘n treffer wees, want die Afrikaners is in wese meesterlike smartvrate. En ouens soos Steve slaan munt daaruit (soos die Briels van weleer).

lulu ·

Ek stem nie saam met jou nie . Ek dink jy sal dalk nader aan ‘n “slagoffer ‘ voel as dit nader aan jou bas was . Jy sal anders voel as jou man , seun of broer , met ‘n graad of twee ,’n slagoffer is . En dan êrens anders in die wêreld moet gaan werk om brood op die tafel te sit vir sy familie en dan nog ‘n statistiek word as ‘n afwesige pa .

Ek stem nie altyd saam met Steve oor wat hy doen nie , maar ek bewonder hom dat hy nie bang is om op te staan vir wat reg en regverdig is in ons land nie .

Mathilda ·

Steve daar is min mense wat nog die vermoë het om die klein volkie op een slag te laat staan en te laat sit met net n paar woorde, dis goed en jy gebruik dit wys! Ek hoop net die tyd haal ons nie in nie.

Joey Baker ·

Ek stem volkome saam, dit is nog baie te “lig in die broek” en glad nie kras nie, die waarheid is die waarheid, die wat voel hulle word aangespreek in die lirieke, dit is hulle wat die skuldiges is en niks voel vir ander mense nie veral vir die wittes nie. Steve, vir my is jy ‘n rolmodele, wens net ek het die “guts” gehad wat jy het. Sodra ek die liriek se woorde ken gaan ek net so hard saamsing soos wat ek maak met al jou ander liedjies.

fanie ·

As dit net ‘n nuwe song is en met musiek weer great alias Steve…go for it!! Ons het mos al songs via Bok van Blerk en geen haatspraak maar ware mooi lirieke en dan tog lekker na te luister!!

LadyOmega ·

Awesome lyrics! I like it! But it is not BOLD enough for the situation which Steve is trying to portray.

Go for it Steve! Give us your best!

Deon ·

Kras liedjies is die begin van menigde rewolusies. Die ANC sing nou nog van hulle s’n. Mag die Volk besuit ons hou nie langer die swak regering wat ons eie erfenisse vergruis in stand nie, verenig, en versterk alternatiewe Volksregeringstrukture. Doen so voort asb Steve en andere. Wees getrou aan u Volk.

ansie koekemoer ·

Ai ou steve jy en sunette bridges kan maar n ding so mooi se soos hy is.eks so trots op jul.

Wilna ·

Genade Stoere Boer, dis mos nie te se dis Maroela Media se beleid nie? Hulle publiseer net die lirieke, en ons is so dankbaar daarvoor. As ‘n ‘stoere boer’ behoort jy die woorde mos te kan verstaan? Of hoe dan nou? Uit sy hart, en dis hoe baie Afrikaanse Afrikaners voel, maar ons het mos nie die guts om verbaal uiting te gee daaraan nie.

You go Steve……doe zo voort…..

Stoere Boer ·

Die rede oor my kommentaar is omdat Maroela Media alles verwyder wat volgens hulle “kras” is en kritiek teen die regering bevat. Maar baie dankie dit was my laaste kommentaar. Ek maak soos my ander vriende en laat Maroela en Naspers maar voortploeter

cathy santana ·

Nee Anelda jy sit die pot mis steve help maar net ons boerevolk om weer moed te kry ek kry die boerevolk so jammer wat nie sien way gebeur met ons land nie want hulle gaan sleg ontnugter word

Rina Burger ·

Ag Anelda, het ons nou weer n suurgat in ons midde, as jy nie daarna wil luister nie druk jou ore toe,,en ons is arme slagoffers, want jy is n draadsitter, trek altys na die anderkant toe en het ook .jou bek uit te spoel oor niks. As jy niks goed te se het nie, moenie nydig wees nie.

Elmarie ·

Ware woorde Steve … en dis net soos dit is. Mense is moedeloos. Dit voel of ons hande afgekap is!!! Dankie vir wat jy en Sunette en ook ander vir ons doen. Dankie Maroela vir die plaas hiervan. Nou wag ek net om hom te hoor!!! ;-)

Ben ·

MY siel sal die dag tot rus kom, as Steve President word, en dan kan hy maar die Bloubul song die nuwe volkslied maak! HAHAHA

Wel gedaan Steve, ek hoop regtig hulle het genoeg “torre” om ag te slaan wat jy eintlik in die song bedoel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.