Steve sê oor arrestasie

Steve Hofmeyr. Foto: Facebook

Steve Hofmeyr. Foto: Facebook

JONGSTE: Steve het intussen bevestig die inligting wat Nxumalo verskaf het is nie korrek nie. Hy is in ‘n 120 km/h-sone afgetrek. Die berig word só gewysig. Die sanger Steve Hofmeyr het op Facebook aan sy aanhangers verduidelik hoekom hy te vinnig gery en gevolglik in hegtenis geneem is vir ʼn spoedoortreding.

Hofmeyr sê hy het van Pretoria na Badplaas gery vir ʼn vertoning toe hy afgetrek is. “Hofmeyr is in die die Bronkhorstspruit-gebied in hegtenis geneem nadat hy teen 169 km/h in ‘n 120 km/h-sone gejaag het,” het Busaphi Nxumalo, woordvoerder van die Gautengse verkeerspolisie, gesê. Steve is reeds op borgtog van R500 vrygelaat en hy sal Maandag in die landdroshof in Bronkhorstspruit verskyn.

Hofmeyr het op gesê hy weet dit was onverantwoordelik en gevaarlik. Hy sê dit is die eerste keer in sy 30 jaar van reis na konserte wat dit gebeur. “Janine was deurgaans saam my en selfs sy is goed behandel.” Hofmeyr het ook geskerts: “Ek het my skoonma se adres as alternatief aangegee en gevra dat hulle haar asseblief nie moet bel voor ons troue nie…”

Hofmeyr het ook iets te sê gehad vir Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), nadat hy ook Donderdagaand in hegtenis geneem is vir ʼn spoedoortreding. “Hier is plek vir net een tronkvoël in hierdie tronksel, Julius. Skuif op vetgat.”

Klik hier om meer te lees oor Malema se arrestasie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Ria Maritz ·

Mensig, ek het nou LEKKER gelag vir Steve se uitlating !

Ten minste erken jy dat jy fouteer het.

Niemand ·

Steve is iemand wat sy foute herken en erken. Dat hy ‘n sin vir humor het is ook nie te betwyfel nie. Kyk hoe dryf hy ook die spot met homself oor sy kinders by ander vroue. Dan is hy ook nog ‘n beter Afrikaner aktivis as baie ander wat dit probeer wees.

Charlotte Barnard ·

As ons land ‘autobahn’ gehad het soos Duitsland, was daar nie stories nie …. Heh-heh

ELSA ·

moooooi Stevie…………………………… gaan jou kyk Maandag in Bronkhorstpruit Hof…
Jy bly maar ons Hero!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Gemsbok ·

Is dit die eerste keer in 30 jaar wat Steve so jaag of is dit die eerste keer wat hy gevang word?

cecilia ·

Jy bly my hero.
Jy weet Steve as jy nie so moes jaag om vir Julius Malema te gaan uit buil nie,was jy nie gevang.
Ag man jy bly n vrek eerlike ou,ongeag in watter situasie jy jou ookal mag bevind.Dit maak jou baie spesiaal vir ons.

Alan ·

Nee jammer ou Steve, dit werk nie vir my nie. As jy my kind doodry, kom ek vir jou nes ek vir Malema sal kom as hy my kind doodry. Jy is nie 18 jaar oud nie, jy kan lees, daar is redes vir spoedgrense. Ry betyds, dan hoef jy nie te jaag nie. Die wet geld vir jou nes vir die res van ons.

Marius ·

Kinders moet nie op highways speel nie. So terloops, dieselfde mense wat ons aftrek vir spoedoortredings is dieselfde mense wat ons soms laat laatkom. Ek was ‘n maand gelede saam met 1000de ander motoriste op die hoofweg na die Vaaldriehoek vir meer as 2 ure vasgevang omdat die speedcops ‘n padblokkade gehou het. Wat doen mens as hulle die oorsaak is dat jy laat is vir ‘n afspraak. Niemand op aarde kan sê dat hulle nog nooit ‘n spoedgrens oorskry het nie – nie eers die ou tannie wat vandag net 20km/h ry nie… ;-)

Alan ·

My kinders speel nie op die hoofweg nie, maar ry in hulle motors daarop. Mense lawaai vreeslik as die polisie of politici ongelukke veroorsaak en mense doodry, maar omdat Steve n bekende is is dit doodreg? Is Julius se gejaag ook doodreg? As jy laat is vir n afspraak is jy laat – geen afspraak regverdig jou lewe of iemand anders se lewe nie.

Gatvol ·

Alan is jy weer een van daardie verkrompe mense wat 80 op die hoovweg in die regterbaan ry en dan kla oor onverskuldige bestuurders as hulle noodgedwonge links by jou verby gaan. Die kruipers wat so 70 en 80 op nationale paie ry veroorsaak meer ongelukke as die ou wat 120 of 140 ry.

Willem Erasmus ·

Lekker Steve, lekker gelag, laat die wat die wet nog nooit oortree het nie na vore kom asb.

Richard ·

Lekker man lekker. Geniet die humor van hierdie land. Sal dit nêrens anders kry nie. Steve, your country needs you. Kritiek moet ook maar seker daar wees dan waardeer mens die res soveel meer. Sal seker Maandag darem ñ staatsgeborgde optrede van Steve kan bywoon. You go Steve. Ons dink nog steeds jy is die beste.

Theresia ·

Nee regtig Alan kry krip in die lewe. Sien bietjie die humor raak agter die hele storie. Ons almal se streepie is lankal getrek. Meer onskuldige mense gaan dood weens roekelose taxi bestuurders. You go Steve

Charl ·

Hm ja Theresia-dis als baie snaaks. So snaaks dat daar 40 mense per dag op ons paaie doodgaan, vergeleke met 4 per dag in Australie. Kom ons lag. Enigiets solank ou Steve net vereer word ne- ha ha.Wonder of jy nog sal lag as een van die 40 jou kind is?

Johannes Blom ·

Alan onthou mense in glashuise moenie klippe gooi nie an darem het Steve sy fout erken ek haal my hoed af vir hom.Steve mense kan se net wat hulle wil maar hulle moet net seker maak hulle het nog NOOIT ‘n misstap begaan nie.Ek is ook mal oor Steve se humor.

Alan ·

Johannes, jy ken my nie, ou maat, daarom is jou stelling oor mense in glashuise vir my vreemd.Daarenteen is Steve in hegtenis geneem vir n oortreding van die spoedgrens.

Johannes Blom ·

O ja wat van al die mense wat rooi verkeersligte en stop tekens verontagsaam en op wit lyne en op blinde hoogtes verby steek en so kan ek aangaan.Om die spoedgrens te oorskry is verkkerd maar Steve is ook eerlik.

tokkos ·

Die mense wat so huil oor hul kinders gaan huil op n ander plek, as die Here jou kind wil he sal hy hom vat, nie Steve nie, kyk maar die voertuie op die highways niemand ry onder 160 nie los die man hy erken sy fout en het julle nog nooit oor die spoedgrens gery nie hou op aangaan soos kinders, prt liewers oor dai vetgat wat oor die 200 gery het, is dit niks nie? oor een spoed fout nou is die land in rep en roer, die wat so huil het hulle dan niks anders om te doen nie as om vir Steve kaf te byt nie. EK SE MAAR NET!!!

Charl ·

Jou taalgebruik, nes Steve s’n, plaas jou in dieselfde kategorie as die man wat jy so beledig.

Elize Mans ·

Mense daar is nog geen mens op hierdie aarde,wat n lisensie het,wat nog nooit spoed oor tree het nie.Steve jy bly my Hero,al se die mense wat so oordeel wat..
Hier in die Kaapry die taxies aan die regterkant verby jou,en word hulle af getrek NEE.
Sterkte met vandag.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.