Steve se verjaardagboodskap aan Mimi, skerts sy sou ‘bid vir pouse’

Mimi Coerste tydens Vrydag se verjaardagtee

Mimi Coerste vier Dinsdag haar 80ste verjaardag.

Die FAK het Vrydag vir haar ʼn spesiale verjaardagtee gehou om dié mylpaal te vier. Maroela Media was onder die nagenoeg 50 gaste wat die geleentheid by die Voortrekkermonument bygewoon het. Maroela Media het vir haar ʼn kaartjie, wat boodskappe van ons lesers bevat het, oorhandig. Dit was vir haar baie spesiaal om almal se mooi woorde te lees.

Intussen het Steve Hofmeyr vir haar die volgende op sy Facebook-blad toegewens: “Liefste liefste Mimi, ons moeder, ons matriarg, ons opvoeder, vriendin, kollega, ons Rosalinde, ons Violetta, ons Musetta, onse doktor, blokkiesraaikoningin, mede-aktrise, die TIE van die Black Tie Ensemble ons voorbeeld, ons soprano, hoe bevoorreg is ons nie om jou te kan hê as ons s’n, Afrikaans s’n, SA s’n, hierdie kontinent s’n. Dankie dat jy teruggekom het huistoe toe jou loopbaan op sy kruin was elders. Dankie vir jou reuse humorsin en skerp brein. Dankie vir jou engelstem. Jy is ‘n monument van ‘n vrou en as ek vyf jaar ouer was, het jy, Mimi Coertse met ‘n “s”, gebid vir pouse… Ons vier die dag waarop jy gestuur is na ons toe.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.