Die Gautengse Hoëspoedeenheid het Hofmeyr op 19 Desember in hegtenis geneem nadat hy teen 169 km/h in ‘n 120 km/h-sone op die N4 gery het. Hy is op borgtog van R500 vrygelaat. Hofmeyr sal glo tydens vandag se hofverskyning moet pleit op die aanklagte teen hom. Hofmeyr het na sy vorige hofverskyning op 30 Desember aan die SAUK gesê hy het drie regsopsies wat hy kan oorweeg om moontlik buite die hof te skik. Hofmeyr het Woensdagaand getwiet: “Dankie vir elke goeie wens vir die saak môre. Ek’s seker regverdigheid sal geskied. Dis genoeg vir my. Sal almal op hoogte hou. Nag!!”
Lees ook:
Ek is teleurgesteld in myself, sê Steve Hofmeyr
Steve in hof oor spoed
Misverstand oor Steve Hofmeyr-hofdatum
Steve Hofmeyr vandag in hof
Malema boos oor Steve se borg
Steve sê oor arrestasie
Steve Hofmeyr in hegtenis geneem
Gelukkig weet ek Steve sal sy “pak” vat soos ‘n man ! Die beste raad soos self deur hom gesê, erken as jy fouteer het – PUNT.
***
NS: Ek hoop hy gooi weer so bietjie humor ook tussenin.
Ek verstaan die man trou eersdaags. Hoop nie die vonnis gaan hom weg hou van die groot dag nie.
Ja Erich, nog ‘n goeie man in sy duiwel.