Steve weer in hof oor spoed

Steve Hofmeyr. Foto: Facebook

Steve Hofmeyr. Foto: Facebook

Die sanger Steve Hofmeyr sal Donderdag weer in die Bronkhorstspruit-landdroshof verskyn op aanklagte van roekelose of nalatige bestuur en die oorskryding van die spoedgrens.

Die Gautengse Hoëspoedeenheid het Hofmeyr op 19 Desember in hegtenis geneem nadat hy teen 169 km/h in ‘n 120 km/h-sone op die N4 gery het. Hy is op borgtog van R500 vrygelaat. Hofmeyr sal glo tydens vandag se hofverskyning moet pleit op die aanklagte teen hom. Hofmeyr het na sy vorige hofverskyning op 30 Desember aan die SAUK gesê hy het drie regsopsies wat hy kan oorweeg om moontlik buite die hof te skik. Hofmeyr het Woensdagaand getwiet: “Dankie vir elke goeie wens vir die saak môre. Ek’s seker regverdigheid sal geskied. Dis genoeg vir my. Sal almal op hoogte hou. Nag!!”

Lees ook:
Ek is teleurgesteld in myself, sê Steve Hofmeyr
Steve in hof oor spoed
Misverstand oor Steve Hofmeyr-hofdatum
Steve Hofmeyr vandag in hof
Malema boos oor Steve se borg
Steve sê oor arrestasie
Steve Hofmeyr in hegtenis geneem

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ria Maritz ·

Gelukkig weet ek Steve sal sy “pak” vat soos ‘n man ! Die beste raad soos self deur hom gesê, erken as jy fouteer het – PUNT.

***

NS: Ek hoop hy gooi weer so bietjie humor ook tussenin.

Erich Goosen ·

Ek verstaan die man trou eersdaags. Hoop nie die vonnis gaan hom weg hou van die groot dag nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.