Steven Seagal oorweeg politiek

Steven-SeagalDie bekende Amerikaanse aksie-akteur, Steven Seagal (61) oorweeg dit om hom as kandidaat vir die staat Arizona se goewerneurskap beskikbaar te stel.

Seagal het nie laat blyk vir watter party hy hom beskikbaar sal stel nie, maar kennise meen dit is “vanselfsprekend” dat hy hom weens sy oortuigings vir die Republikeinse Party beskikbaar sal stel.

Sou Seagal wel goewerneur word, sal hy in die voetspore volg van ‘n ander bekende akteur wat ook dikwels in sy rolle die vuiste moes inspan, Arnold Schwarzenegger wat Kalifornië as goewerneur gelei het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.