Steyn se selfone wys glo hy was daar

Steyn tydens sy verskyning op 13 Desember in die Krugersdorp streekshof. Foto: Werner Beukes/SAPA

ʼn Forensiese kenner het Donderdag getuig dat selfone wat aan Johannes Jacobus Steyn, of die sogenaamde “Sondagverkragter”, behoort gebruik is in die areas waar sy beweerde slagoffers ontvoer is.

Kol. André Neethling, wat daarin spesialiseer om misdade op te los deur data oor die ligging van ’n verdagte se selfoon te gebruik, het gister getuig oor twee selfone wat aan Steyn behoort se ligging op die dag van die moord op Louise de Waal (17). Hy sê die selfone het op 12 Oktober 2011 omstreeks 6:30 sein opgetel van twee torings naby Steyn se huis in Roodepoort. Hy sê die selfone het hierna sein opgetel in die Newlands-area, sowat 12,3km verder, voor dit omstreeks 8:00 weer sein in Roodepoort opgetel het. Die een foon het omstreeks 10:35 sein opgetel in Maropeng, sowat 25km van Roodepoort. De Waal se liggaam is op ʼn plaas in Magaliesburg, in die Maropeng-area, gevind. ʼn Werknemer van Vodacom het vroeër getuig dat Steyn se selfone albei sein opgetel het in Danville en Roodepoort op die dae wat Lazanne Farmer en De Waal ontvoer is. Neethling sal vandag met se getuienis voortgaan.

Steyn (35) staan tereg op twee aanklagte van moord, 11 aanklagte van verkragting, 10 aanklagte van seksuele aanranding, een van poging tot seksuele aanranding, 10 aanklagte van ontvoering, een van poging tot onvoering en twee aanklagte van aanranding. Steyn word aangekla van die moord op De Waal en Farmer. De Waal is in Oktober verlede jaar ontvoer terwyl sy en ‘n vriendin op pad skool toe was in Randburg. Steyn het hom die volgende dag by die Margate-polisiestasie in KwaZulu-Natal oorgegee. Farmer en ’n 16-jarige vriendin is Sondag 5 September 2010 in Elandspoort in die weste van Pretoria ontvoer. Farmer het uit die ontvoerder se bakkie na haar dood gespring. Haar vriendin is glo hierna in ’n beboste gebied verkrag. Steyn se jongste slagoffers was glo twee 11-jariges. Die “Sondagverkragter” word verbind met verkragtings in Vanderbijlpark, Krugersdorp, Potchefstroom

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.