Steyn soek prostituut die oggend van moord

Steyn tydens sy verskyning op 13 Desember in die Krugersdorp streekshof. Foto: Werner Beukes/SAPA

Johannes Jacobus Steyn, die sogenaamde “Sondagverkragter”, het Donderdag in die hooggeregshof, wat in die Palm Ridge-landdroshof in Thokoza aan die Oos-Rand sit, getuig dat die vergifnis waarvoor hy in ʼn verklaring gevra het, was omdat hy sy vrou verneuk het.

Carina Coetzee, vir die staat, het Steyn ondervra oor ʼn inkriminerende verklaring wat hy voor ʼn landdros in Krugersdorp afgelê het, twee dae nadat hy homself aan die polisie oorgegee het in Oktober 2011. In die verklaring het Steyn erken dat hy sy vrou, skoonma, ʼn pastoor en ʼn sielkundige gebel en om vergifnis gevra het. In die telefoonoproepe het Steyn na homself verwys as ʼn “monster” en gesê hy wil ophou. Steyn voer egter aan die rede hiervoor was omdat hy sy vrou verkul het met prostitute en ander vroue en oor sy verslawing aan pornografie. Hy wou ook “dinge regmaak met God.” Steyn word daarvan beskuldig dat hy Louise de Waal (17) ontvoer en vermoor het. Steyn het vroeër Donderdagoggend getuig dat hy die oggend van De Waal se moord op soek was na ʼn prostituut. “Ek het vir ʼn goeie tyd gesoek…Ek het ʼn prostituut gesoek…om iets te kry wat ek nie by die huis gekry het nie.”

Op ʼn vraag van Coetzee oor of hy nie emosioneel was nadat hy aangekla is van die moord op ʼn kind nie, het hy geantwoord: “Ek was bekommerd daaroor, maar nie so emosioneel nie.” Coetzee het ook aan Steyn gevra hoekom hy probeer selfmoord pleeg het voor hy hom aan die polisie oorgegee het. “Ek sal eerder doodgaan as om weer opgesluit te word. En oor die onsekerheid weens my vorige skuldigbevinding en in daardie stadium was ek emosioneel.” De Waal se ma, Shereen, het aan verslaggewers gesê die afgelope week se hofverrigtinge was vir haar baie moeilik. “Ek is op medikasie. My senuwees is gedaan, maar ek moet hier wees vir my dogter. Ek moet hier wees vir Louise.”

Steyn (35) staan tereg op twee aanklagte van moord, 11 aanklagte van verkragting, 10 aanklagte van seksuele aanranding, een van poging tot seksuele aanranding, 10 aanklagte van ontvoering, een van poging tot onvoering en twee aanklagte van aanranding. Steyn word aangekla van die moord op De Waal en Lazanne Farmer (14). De Waal is in Oktober verlede jaar ontvoer terwyl sy en ‘n vriendin op pad skool toe was in Randburg. Haar verkoolde lyk is dieselfde dag op ‘n verlate plaas in Magaliesburg gevind. Steyn het hom die volgende dag by die Margate-polisiestasie in KwaZulu-Natal oorgegee. Farmer en ’n 16-jarige vriendin is Sondag 5 September 2010 in Elandspoort in die weste van Pretoria ontvoer. Farmer het uit die ontvoerder se bakkie na haar dood gespring. Haar vriendin is glo hierna in ’n beboste gebied verkrag. Steyn se jongste slagoffers was glo twee 11-jariges. Die “Sondagverkragter” word verbind met verkragtings in Vanderbijlpark, Krugersdorp, Potchefstroom

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.