Stiefma vas ná 3-jarige sterf

ʼn Vrou is Woensdagoggend in Upington in die Noord-Kaap in hegtenis geneem in verband met die moord op haar 3-jarige stiefdogter.

Luit. Sergio Kock, ʼn polisiewoordvoerder, sê die arrestasie van die 29-jarige vrou maak deel uit van die polisie se ondersoek na die 3-jarige se liggaam Sondagoggend gevind is. “Familielede van die kind het ʼn ambulans ontbied nadat die kind Sondag erg gebraak het.” Paramedici het die dogtertjie op die toneel dood verklaar. ʼn Geregtelike doodsondersoek is van stapel gestuur aangesien die polisie vuilspel vermoed het. Kock sê daar is vasgestel dat die dogtertjie aan kopbeserings dood is en dat sy moontlik uitgehonger is. “Daar word ook beweer dat die kind mishandel is aangesien sy ou en nuwe skraapwonde aan haar nek en bors gehad het.” Die vrou sal Vrydag in die Upington-landroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

nellie ·

Genade hoekom n kind so te verniel. Kon die Pa niks agter gekom het nie, of was hy ook skuldig daaraan. Hoekom nie liewers die kind vir iemand gee wat baie liefde het om te gee nie. Maar nee geweld en n lewe verwoes is mos orde aan die dag. Hoop daar word daad werklik opgetree teen die skuldige/s.

DarkAngel ·

Maak vrek daai ding!!! Die tronk is te goed vir haar, mag sy ‘n stadige, uitgerekte gefolterde en uiters pynlike dood sterf!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.