Stiefpa skiet glo sy 2 dogtertjies

Argieffoto

Argieffoto

Twee kinders is in Ga-Chuene naby Lebowakgomo in Limpopo vermoedelik deur hul stiefpa doodgeskiet, het die polisie Donderdag gesê.

“Die 39-jarige man het gevlug nadat hy Woensdag vermoedelik die twee dogtertjies, onderskeidelik agt en 10 jaar oud, geskiet het,” het brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die man het sy drie kinders by hul ouma gaan haal en hulle na sy vrou se werksplek geneem. “Hy kon glo nie met sy vrou praat nie, aangesien sy besig was en hy het weer na buite gegaan. Sonder om enigiets te sê het hy twee skote afgevuur en een van die dogtertjies doodgeskiet. Die tweede dogtertjie het gevlug,” het Mulaudzi gesê.

Hy is toe saam met sy jongste kind, ‘n tweejarige seuntjie, terug na die ouma se huis. Hy het op pad soontoe die seuntjie by ‘n vriend se huis afgelaai. “Hy het die tweede dogtertjie by haar ouma se huis gekry en haar glo twee keer van naby geskiet en weggehardloop.”

Mulaudzi sê die motief vir die moord is nie bekend nie. Die seuntjie is intussen met sy ma herenig. Altwee is onder polisie-bewaking.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Ria Maritz ·

Verdomde lafaard ! Kon hy nie net homself geskiet het en die kinders gelos het nie !

Basie B ·

Dit het tyd geword dat Polisie vuurwapens meer ondersoek om te verseker dit is wettig en die persoon wat dit het is bevoeg om dit te he.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.