Stonehenge toe reuse kunsgalery

Laserstudies aan die oppervlak van die reuse rotsblokke waaruit Stonehenge saamgestel is, dui daarop dat dié antieke monument ook as ‘n kunsgalery gedien het, aldus inligting wat pas bekend gemaak is.

Die rotsgravures kan nie meer met die blote oog waargeneem word nie, maar in die Bronstydperk moes dit baie duidelik gewees het.

Gravures is op 72 van die 83 oorblywende rotse gevind. Van die 72 gravures is 71 Bronstydperkse bylkoppe wat almal boontoe wys, terwyl die ander ‘n dolk uitbeeld wat ondertoe wys. Dit word vermoed dat die bylkoppe die beskerming van oeste uitbeeld.

Die oorspronklike monument wat in die middel van die derde millennium voor Christus gebou is, was waarskynlik ‘n sontempel. Van die rotse is presies volgens die son op die midwinter gerig. Namate die kompleks uitgebrei het, het ander funksies waarskynlik bygekom.

The Independent berig dat die jongste ontdekkings baie werd vir die argeoloë sal wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.