Storie oor lotery-wenkaartjie glo opgemaak

imagesDie 26-jarige man wat beweer het dat sy R33 miljoen-loterykaartjie deur mans in polisie-uniforms gesteel is, het glo die storie opgemaak berig die Sunday Tribune.

Die Independent on Saturday het gister berig dat die polisie ʼn saak van diefstal ondersoek nadat Sipho Ngcobo beweer het dat die wenkaartjie Maandagaand van sy huis in Hillcrest, KwaZulu-Natal gesteel is. Die Sunday Tribune berig egter vandag dat die wenkaartjie by ʼn Spar in Wartburg gekoop is en dat daar kringtelevisiebeeldmateriaal is van die man wat die wenkaartjie gekoop het. Dit wys hoe die man op en af spring nadat die wennommers op die skerm bo die winkel se loterymasjien vertoon is. Die beeldmateriaal is omstreeks 11:00 Maandagoggend geneem. Volgens die berig is die wenner ʼn drywer en pa van vier en is sy bankrekening gevries weens die polisie se ondersoek. The Tribune berig dat Mark Kendall-Ball, bestuurder van die Wartburg Spar, vir die wenner R200 geleen het om na Durban te gaan om sy prys op te eis. Die koerant het Ngcobo probeer kontak maar sonder sukses.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.