Storm laat leeus op vrye voet

Saterdag se hewige storm in die Vrystaat het vyf leeus op vrye voet gelaat.

Werner Vermaak, ‘n woordvoerder van ER24, sê hul nooddienssentrum het laat Saterdagmiddag verskeie oproepe gekry oor buitengewone sterk winde wat sommige huise in informele nedersettings sowel as strukture in Oranjeville, Welkom, Kessel, Reits en Bloemfontein heeltemal verwoes het.

RSG berig die storm het veroorsaak dat vyf leeus Saterdagaand uit hulle kamp op ‘n plaas naby Bethlehem ontsnap het, nadat ‘n boom omgewaai en bo-op hul kamp se heining geval het. Polisie en natuurbewaringsbeamptes het sedertdien die gebied gefynkam om die diere weer op te spoor. Al vyf leeus is omstreeks 08:00 Sondagoggend weer gevang.

Klik hier om meer oor die storm te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.