Stormers val vas in Albany

Jean de Villiers

Die Stormers het hul vyfde nederlaag in nege Super15-wedstryde gely toe hulle net-net in Albany teen die Blues vasgeval het. Die eindtelling was 18-17.

Net toe dit begin lyk asof die Bok- en Stormers-kaptein nie meer drieë kan druk nie, het hy twee gedruk toe die besoekers met 15-3 agter was. Maar dit lyk asof druk die beste uit hierdie uitsonderlike leier haal.

De Villiers het in die 65ste minuut, toe sy span 15-3 agter was, oorgeduik vir sy eerste drie nadat sy sentermaat, Juan de Jongh, die aanvoorwerk gedoen het. Hy het daarna in die 77ste minuut ‘n pragdrie ná ‘n solo-lopie gaan druk.

Die Blues se losskalel, Chris Noakes, het ses strafskoppe oorgeklits om sy span te laat seëvier.

Die Stormers het die bal deur 20 fases teen die einde van die wedstryd gesit waarna die Leeu-lening Elton Jantjies met ‘n skepskop misluk het.

Die Kaapse span is nou in ‘n baie moeilike posisie in die Super15 – selfs ná ‘n wen teen die Hurricanes verlede week. Hulle kom volgende week teen die indrukwekkende Waratahs in Sydney te staan wat dan vanuit Suid-Afrika sou teruggekeer het.

Als is egter nie verlore nie en ná die Stormers se laaste twee vertonings kan daar geoordeel word dat hulle hul beste rugby vir die wegwedstryde gelos het.

Hulle is nou agtste op die gekombineerde rangleer en derde op die Suid-Afrikaanse punteleer – met ‘n hele naweek se rugby om te kom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

H J Bester ·

Met so ‘n rekord agter jou naam op hierdie stadium van die Super-15 toernooi, lyk dit nie asof die Stormers die top posisie van ‘n half- of eindstryd kan haal nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.