Stormloop by UJ: dinge nou weer rustig

Die ry buite die Universiteit van Johannesburg. Foto: Taurai Maduna, EWN

Alles is nou weer rustig by die Universiteit van Johannesburg ná ʼn stormloop vanoggend waar ʼn voornemende student se moeder gedood en 17 ander beseer is, het EWN berig.

Die skare het mekaar vanoggend vorentoe begin druk in ʼn poging om op die kampus te kom om hul aansoeke vir die 2012 akademiese jaar in te dien. Nana Radebe, woordvoerder vir die nooddienste, het gesê dat ten minste drie mense ernstig beseer is. “Ons het 17 pasiënte op die noodbus gelaai en die pasiënt wat kritiek beseer is, is na die hospitaal geneem.” ʼn Nooddienstevoertuig het intussen pas die toneel verlaat met die lyk van die 47-jarige vrou. Die skare weier om te beweeg ten spyte van verskeie versoeke van beamptes wat hulle meedeel dat die registrasieproses nou gesluit is. Verskeie mense in die skare het aan Eyewitness News gesê dat hulle nie weggaan nie omdat hulle hoop die proses sal weer voortgaan. ʼn Paar het gisteraand buite die kampus se hek geslaap. Polisie en die universiteitsbeamptes het die toneel afgebaken. Beamptes het aangedui dat hulle die hele dag by die universiteit sal vertoef om seker te maak dat alles glad verloop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.