Storms saai verwoesting in Gauteng

Die foto is in Roodepoort geneem. Foto: @007air/Twitter

Die foto is in Roodepoort geneem. Foto: @007air/Twitter

Hewige haelstorms het groot dele van Gauteng Donderdagaand getref en groot skade aangerig.

Haelkorrels so groot soos gholf- en tennisballe het glo in dele van die Witwatersrand geval. Volgens berigte is huise en motors se ruite uitgeslaan en is bome ontwortel. Kitsvloede het ook oor groot dele van die provinsie voorgekom. Robert Mulaudzi, woordvoerder van Johannesburgse-nooddienste, sê talle huise in Dobsonville, Braamfischerville, Emdeni en Kliptown in Soweto het onder die vloedwater deurgeloop. Talle huise se dakke is ook afgewaai. Johan Pieterse, woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, sê hulle is oorval deur oproepe. Hy sê talle plakkershutte in informele nedersettings se dakke het afgewaai. In die noorde van Pretoria is bome ontwortel en is groot dele sonder krag gelaat.

Die foto is in Kagiso aan die Wes-Rand geneem. Foto: @STANLEYMANGANYE/Twitter

Die foto is in Kagiso aan die Wes-Rand geneem. Foto: @STANLEYMANGANYE/Twitter

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.