ʼn Webwerf met volwasse inhoud het glo aangebied om Suid-Afrika se sokkerspan, Bafana Bafana, met nagenoeg R10 miljoen te borg, het The Star Dinsdag berig.
Noel Biderman, stigter en hoof van die webwerf, Ashley Madison met die slagspreuk “Life is short, have an affair”, het gesê die borgskap kan die gaping vul nadat Puma onlangs sy ondersteuning vir die Suid-Afrikaanse sokkervereniging (Safa) onttrek het.
Biderman het glo ʼn brief aan Danny Jordaan, die hoof van Safa, geskryf. “Sportmanne is daarvoor bekend dat hulle egbreuk pleeg, en ons voel die verbintenis van ons webwerf met dié indrukwekkende klub se prestasie in die verlede kan ʼn kragtige vennootskap vir die toekoms skep,” het hy glo geskryf.
Dominic Chimhavi, ʼn woordvoerder van Safa, ontken egter dat hulle die brief ontvang het en het dit as ʼn bemarkingsfoefie afgemaak. “Bafana Bafana is ʼn nasionale bate en ons sal nie met iets assosieer wat ʼn bespotting daarvan gaan maak nie,” het Chimhavi gesê.
-SAPA
hulle kom heel goed reg daarmee om van hulleself ‘n bespotting te maak, en glo nie dat enige borg dit sal vererger nie