ʼn 13-jarige straatkind het Woensdag in die Vanderbijlpark-landdroshof verskyn vir die moord op ʼn ander 13-jarige seun op Oujaarsaand.
Archibald Lethabele is in Bophelong dood nadat hy die aand omstreeks 23:00 in die bors met ʼn mes gesteek is, berig Beeld.
“Die kinders het mekaar in die straat rondgestamp, dit is nie bekend wat presies gebeur het of wat daartoe gelei het nie,” het ao. Kinnie Steyn, ʼn polisiewoordvoerder, gesê.
“Wat die saak kompliseer het, was dat die verdagte ʼn straatkind is, maar die polisie het hom opgespoor en hy is Maandag in hegtenis geneem,” het Steyn gesê.
Die kind word in ʼn plek van veiligheid aangehou.
– Sapa