Straatsmouse maak amok in Pretoria

Betogers in Marabastad. Foto: Christa van der Walt/EWN

Die polisie moes Woensdag rubberkoeëls en waterkanonne gebruik om oproerige straatsmouse uit mekaar te verjaag nadat hulle in Pretoria se middestad amok gemaak het.

Die straatsmouse het Dinsdag reeds die strate ingevaar om teen die Tshwane-metro se opruimprojek te betoog. Die projek beoog om Pretoria se middestad op te ruim deur onder andere van onwettige straatbesighede ontslae te raak en hulle in ʼn spesifieke gebied te sentraliseer waar hulle kan handel dryf.

Die smouse het Dinsdag en Woensdag voertuie in die binnestad met klippe en vrugte bestook en die stad se strate en sypaadjies met vullis bestrooi. Winkels in die gebied is ook toegemaak nadat betogers die winkeleienaars met geweld gedreig het. Die smouse het aan EWN gesê hulle is moeg daarvoor dat die metro aanvoer dat hulle onwettig handel dryf. Hulle sê ook dat die metropolisie nie die korrekte prosedures volg as hulle hul voorraad konfiskeer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

gert ·

Ek is van die platteland en wil net weet wanneer is my lewe of my mense in gevaar en mag mens n vuurwapen gebruik om jouself te beskerm. Ek weet dit is gevaarlik om so vraag te vra na onlangse gebeure. As n klomp betogers wat n mens met goeie intensies oppad iewersheen bestook met klippe en hy voel sy klein dogter is in gevaar wat moet hy doen?. moet hulle nie betogerskampe maak en as jy uit die gebied beweeg, jou keuse jou gevolge!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.