Straatsmouse gaan Dinsdag teen Pretoriase metropolisie betoog

Nagenoeg 500 straatsmouse gaan Dinsdag Pretoria se strate invaar om teen die Tshwane-metropolisie, wat hulle glo uitbuit, te betoog.

Volgens die Tshwane Infromal Traders’-forum gaan die smouse Dinsdag ʼn memorandum aan die burgemeester, Kgosientso Ramokgopa, oorhandig waarin hulle hom versoek om teen die metropolisie op te tree.

“Die metropolisie teister ons daagliks. Hulle jaag elke smous uit die stad uit sonder om vir ons alternatiewe te bied om geld te maak en so aan die lewe te bly,” het Elliot Nkadimeng, sekretaris van die forum, gesê. Die smouse wil ook kla omdat hul goedere voortdurend gekonfiskeer word.  “Ramogkopa moet intree en die uitbuiting stopsit.”

Die Tshwane-metro het die afgelope paar maande streng teen straatsmouse en taxi-bestuurders opgetree as deel van hul missie om die middestad op te ruim.

Pieter de Necker, die burgemeester se woordvoerder, het gesê hulle is nie bewus van die beplande betoging nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.