Straf dronk bestuurders swaarder – premier

Argieffoto

Noordwes se premier eis dat dronkbestuurders, wat by noodlottige ongelukke betrokke is, se lisensies dadelik opgeskort moet word.

“Hul lisensies moet dadelik opgeskort word,” het Thandi Modise, premier van Noordwes, Dinsdag gesê nadat vyf mense Maandag deur ‘n vermeende dronkbestuurder in Ledig Village buite Sun City doodgery is. “Die gedrag van motoriste lei steeds tot die meeste ongelukke en padsterftes. Daar moet veral strenger teenoor dronkbestuurders opgetree word, want een sterfte op ons paaie is ‘n sterfte te veel.”

Sy sê 16 mense is in die provinsie oor die Paasnaweek weens padongelukke dood.

Maroela Media het vroeër oor die Ledig-ongeluk berig. Klik hier om meer te lees.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.