Strafbare manslag-klag vir Oscar se broer

Carl Pistorius, Oscar se broer, Maandag in die Pretoriase landdroshof. Foto; Werner Beukes/Sapa

Carl Pistorius, Oscar se broer, staar self klagtes van strafbare manslag in die gesig nadat hy glo ‘n vroulike motorfietsryer in 2008 omgery het.

eNews Channel Africa (eNCA) het Sondagoggend dié nuus bekendgemaak. Carl se verhoor moes op 21 Februarie begin het, ‘n dag voordat Oscar op R1 miljoen in die Pretoriase landdroshof vir die moord op Reeva Steenkamp vrygelaat is. Kenny Oldwage, Carl se prokureur, wat ook deel is van Oscar se regspan, hou vol dat die vrou in Carl se motor vasgery het, en dat hy onskuldig verklaar sal word.

eNCA berig verder dat Carl se verhoor na die einde van Maart verskuif is.

Beamptes het intussen Oscar reeds by sy oom se huis in Pretoria besoek. Sy verhoor is geskeduleer om op 4 Junie te begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.