Strafbare manslag ná kar teen stilstaande trok bots

blouligʼn 22-jarige man is dood nadat hy laat Donderdagaand in ʼn ongeluk in Mnandi, Pretoria, betrokke was.

Luyanda Majija, ʼn woordvoerder van ER24, het gesê die man was ʼn passasier in ʼn voertuig wat omstreeks 23:45 teen ʼn stilstaande vragmotor in Boundaryweg vasgery het.

Die bestuurder, ook ʼn 22-jarige man, het geringe beserings opgedoen.

“Na wat verneem word, het die voertuig teen ʼn afdraande gery en teen die vragmotor gebots. Die vragmotor was in ʼn erf se oprit geparkeer en ʼn gedeelte van sy agterkant het die pad versper. Die pad was ook swak belig,” het Majija gesê.

Die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.