Streng veiligheid by Krejcir-verhoor

Radovan Krejcir Maandag voor sy verhoor begin het. Foto: @GillianPillay / Twitter

Radovan Krejcir Maandag voor sy verhoor begin het. Foto: @GillianPillay / Twitter

Streng veiligheidsmaatreëls word by die Palm Ridge-landdroshof toegepas waar die Tsjeggiese voortvlugtende Radovan Krejcir en sy medebeskuldigdes Maandag verskyn om aansoek te doen om borgtog.

Polisiebeamptes, die Ekurhuleni-metropolisie en veiligheidsbeamptes van privaat maatskappye het Maandagoggend elke voertuig deursoek voor dit in die hof se parkeerterrein toegelaat is.

Slegs geakkrediteerde mense is binne die hofsaal toegelaat waar Krejcir se verhoor plaasvind.

Joernaliste is aangesê om hul selfone, tablet- en skooterekenaars en kameras buite die hofsaal te los terwyl die verrigtinge aan die gang is.

Swaargewapende lede van die polisie se taktiesereaksie-span hou wag by die ingang van die hofgebou.

Krejcir verskyn tans in die hof saam met Desai Lupondo, en twee lede van die Valke, Samuel Modise Maropeng en Geroge Jeff Nthoroane.

Die aanklagte wat die verdagtes in die gesig staar is nog nie amptelik bekend gemaak nie, maar hou glo verband met ʼn voorval wat in Junie vanjaar plaasgevind het. Hulle word na verwagting van ontvoering en aanranding met die doel om ernstig te beseer, of poging tot moord, aangekla.

Lees ook:
Krejcir en kie terug in hof
Só het hulle om Krejcir geval
Krejcir-moordverdagte vrygelaat
Agliotti het óók geld geleen by Krejcir
Polisieman wat geld by Krejcir leen, het nie bedank – Valke
Duitse ‘vriend’ van Krejcir ook vas
Krejcir: Valke-hoë vas
Foto’s: Krejcir Maandag by die hof
Krejcir-saak uitgestel
Krejcir moet na hospitaal oorgeplaas word
Krejcir-verhoor agter geslote deure; Opod ondersoek “aanranding”
Krejcir vertrou glo nie staatsdokter
Hof gaan sê oor Krejcir
Krejcir-inhegtenisneming ‘n “reuse deurbraak”
Krejcir-prokureurs weet nie waar hy aangehou word nie
Radovan Krejcir in hegtenis geneem
Polisieman van Oos-Rand het Krejcir-lening aangegaan
Krejcir se ma loof groot beloning uit
Krejcir-werknemer in die hof
“Ek vrees vir my lewe” – Krejcir
Beeld-fotograaf moes foto’s uitvee
Krejcir swyg oor Bedfordview-ontploffing
Bom by Krejcir-onderneming eis twee
Nóg ‘n Krejcir-vennoot doodgeskiet
Krejcir-moordkomplot: Teenstrydighede in bewyse
Bedfordview-man by verkeerslig doodgeskiet; Krejcir ontken verbintenis
Krejcir-moordkomplot: Beskuldigde in hof
Krejcir-uitleweringsverhoor weer uitgestel
Krejcir weer in die hof
Krejcir se vermeende aanvaller dalk veiliger agter tralies
Krejcir se winkel beroof
Foto’s: Krejcir oorleef bisarre sluipmoordaanval

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Blikskim ·

Die rede hoekom hy nie gespanne is nie is omdat hy nie bekommerd is nie. Twee weke in die tronk, uit op mediese parool en besigheid soos normaal. Het iemand al gaan kyk na die verbinding tussen hom en die wapentransaksies? Ek vra net…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.