Stresballetjies vir Kanada se weermag

Kanada se weermag, wat onlangs ʼn nege jaar missie in Afghanistan voltooi het, het Vrydag 20 000 stresballetjies bestel.

Volgens ʼn webwerf wat regeringskontrakte adverteer, benodig die weermag die sagte speelgoed wat met die hand gedruk word en ontwerp is om spanning te verlig teen die einde van Maart, voor die aanvangs van die nuwe finansiële jaar. Kanada het op 1 Desember sy vlag in Kandahar gestryk en sy sekerheidspligte aan die Amerikaanse en Afghani-troepe oorhandig. Die oorlog in Afghanistan het die lewe van 157 Kanadese troepe, twee hulpwerkers, ʼn senior diplomaat, ʼn joernalis en ʼn militêre opvoeder geëis, teen ʼn beraamde koste van $11 miljard. Daar was nie veel meer inligting oor die bestelling bekend gemaak nie, buiten dat die rubberballetjies oranje moet wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.