‘Stroper’ in Krugerwildtuin geskiet

Foto: www.rhinoconservation.org

ʼn Vermeende stroper is Dinsdagaand tydens ʼn skermutseling met wildbewaarders in die Krugerwildtuin geskiet.

Ike Phaahla, ʼn woordvoerder van SANParks, het Woensdag gesê die voorval het in die Pretoriuskop-omgewing van die wildtuin plaasgevind. “Die verdagte is gewond. Hy en ʼn medepligtige is in hegtenis geneem,” het Phaahla gesê. Die bewaarders het beslag gelê op ʼn jaggeweer met ʼn knaldemper, ammunisie, ʼn byl en ʼn mes.

ʼn Derde verdagte het daarin geslaag om in die donker te ontsnap. Die twee verdagtes moet Donderdag in die Witrivier-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Berita Drescher ·

Skiet om vrek te skiet want hulle word oormore vrygelaat en dit is net n vermorsing van ons belastingbetalers se geld en as hy vrek is kan hy nie weer stroop nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.