Stroper met renosterhoring betrap

Konstabels Baloyi Jimmy en Baloyi Henny by die renosterhoring.

ʼn 35-jarige man is Dinsdagaand in hegtenis geneem nadat ʼn renosterhoring in sy besit gevind is.

Kolonel Ronel Otto, ʼn polisiewoordvoerder van Limpopo, sê die man is naby Namakgale, naby Phalaborwa, in hegtenis geneem.

“Die polisie het op ʼn wenk van die publiek reageer dat ʼn voertuig met beweerde stropers op pad was na ʼn wildsplaas naby Phalaborwa. ʼn Padblokkade is opgestel en die bestuurder van die voertuig is vasgetrek, kort nadat hy die stropers afgelaai het,” het Otto gesê.

Die bestuurder van die voertuig het inligting aan die polisie verskaf wat tot die inhegtenisname van die verdagte gelei het. Hy het in bosse tussen Micah en Namakgale weggekruip. Twee verdagtes het daarin geslaag om weg te kom en die polisie is besig om hulle te soek.

“Die verdagte is met ʼn renosterhoring, ʼn jaggeweer en ammunisie betrap. Dit is nog nie seker op watter wildsplaas die renoster doodgemaak is nie en geen karkas is nog gevind nie,” het Otto bygevoeg.

Die voertuigbestuurder en verdagte moet Donderdag in die Phalaborwa-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

pieter13 ·

Laat vaar al die ruggraatlose, papbroek stories van menslikheid en lewer die gemors uit aan die publiek! Maak ‘n voorbeeld van ‘n paar van die klomp en julle SAL sien hoe die syfers daal! Maar terwyl ons korrupsie om elke hoek en draai in hierdie land het en waar alles ‘n maatjie-maatjie storie is, is daar GEEN manier waarop ons hierdie peste onder ons gaan uitgeroei kry nie!

Solank as wat ons ‘n bespotting van ‘n regstelsel het en geen doodstraf het nie, is die tronk in sommige gevalle vir van die gemors wat tussen ons rond sluip, ‘n paradys! DSTV, 3 maaltye per dag, hulle studeer verniet ens! En die belastingbetaler sorg vir daardie parasiete ook! So die poging tot polisie doen die klomp eintlik ‘n guns AS hulle die klomp vang! Laat die klomp in die tronk ons paaie in die land oorbou terwyl hulle hul strawwe uitdien! Dan is die kopseer oor ons paaie ook sommer opgelos! Enige persoon met ‘n kwart brein sal twee keer daaroor dink voor hy of sy dan ‘n renoster sal doodmaak of enige ander vorm van misdaad pleeg! Is ek die enigste een wat so voel oor dinge?!?!?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.