‘Stroper’ in wildtuin doodgeskiet

sanparkeʼn Vermeende renosterstroper is deur veldwagters in die Krugerwildtuin doodgeskiet.

Ray Thakuli, woordvoerder van SANparke, sê drie vermeende renosterstropers het vroeg Saterdagoggend die wildtuin van Mosambiek se kant af by Krokodilbrug binnegekom. Thakuli sê een van die vermeende stropers is deur veldwagters doodgeskiet terwyl die ander twee terug na Mosambiek gevlug het. Die veldwagters het op ʼn jaggeweer, ammunisie, byle en messe beslag gelê. Thakuli sê twee vermeende stropers is intussen Vrydagaand in die wildtuin in hegtenis geneem. Hulle sal binnekort in ʼn hof verskyn. ʼn Totaal van 119 vermeende stropers is reeds vanjaar in die Krugerwildtuin in hegtenis geneem terwyl 521 renosters reeds vanjaar in die wildtuin vir hul horings doodgemaak is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.