‘Stropers’ in wildtuin doodgeskiet

Foto: www.rhinoconservation.org

Drie vermeende stropers is die naweek in die Krugerwildtuin doodgeskiet.

Reynold Thakhuli, woordvoerder van die wildtuin, sê ʼn vierde vermeende stroper is ernstig gewond gedurende die skietgeveg wat Saterdagaand uitgebreek het. Thakhuli sê ʼn vyfde verdagte het ontsnap. “Twee bewaarders het gepatrolleer toe hulle deur die groep vermeende stropers gekonfronteer is. ʼn Skietgeveg het uitgebreek en drie gewapende mans is doodgeskiet.” Thakhuli sê die bewaarders het op twee jaggewere, ʼn AK47, ʼn pistool en ammunisie beslag gelê. In ʼn ander voorval is vier vermeende stropers Saterdag in hegtenis geneem in die wildtuin nadat daar ʼn jaggeweer, ammunisie en toerusting vir stropery in hulle besit gevind is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.