‘Stropers’ kry borg, wéér vas

Foto: Moira-Marie Kloppers

Twee vermeende renosterstropers wat op borgtog uit was is weer in hegtenis geneem nadat hulle glo weer wou stroop.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie, sê vier mans, waarvan drie Suid-Afrikaanse burgers, is Vrydagaand in die Maremani-natuurbewaringsgebied in Musina in Limpopo in hegtenis geneem. Hangwani sê twee van die aangekeerdes Shumani Phaswana (47) en Wilson Mavhungu (38) was op borgtog van R1 500 uit toe hulle vir die dieselfde oortreding in hegtenis geneem is. ʼn Vyfde verdagte het intussen op die vlug geslaan toe die ander verdagtes in hegtenis geneem is. Die verdagtes is in hegtenis geneem nadat die polisie op ʼn renosterkarkas in die area afgekom het. Phaswana en Mavhungu sal na verwagting volgende week Woensdag weer in die hof verskyn terwyl die ander verdagtes binnekort in die hof sal verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

EBTFan ·

hoe baie kan die renosters vir SA beteken as die borgtog maar ‘n skrale R1 500 is ? kan ons nie maar vir Regter Bam op al die sake he nie ??

Melissa ·

Dis presies hoekom hulle sal aanhou dit doen, want daar gebeur omtrent niks met hulle as hul gevang word nie! Dis belaglik! Mense wat renosters stroop moet sommer dadelik lewens lange tronk straf kry, dan sal ons sien hulle sal 2 keer dink voor hulle dit doen!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.