‘Stropers’ kry borg

Vyf vermeende stropers is Vrydag op borgtog vrygelaat in die Bela Bela-landdroshof in Limpopo.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, sê Muhamed Zakaria Kharodia, Junaid Ravat, April Moobi, George Mphahlane en Elias Lebudu is op borgtog van R5 000 elk vrygelaat. Otto sê die vyf verdagtes is Woensdagaand in hegtenis geneem nadat ʼn werker op ʼn wildsplaas in die area geweerskote gehoor het. “Die plaasbestuurder en die werker het die vermeende stropers se bakkie gesien en die nommerplaat neergeskryf. Lede van die polisie se veediefstaleenheid het hulle ingewag toe hulle by die huis gekom het. Die polisie het die karkasse van drie koedoes en een rooi-hartebees ter waarde van R30 000 agter op die bakkie gevind.” Otto sê die polisie het ook op ʼn jaggeweer, talle messe en byle beslag gelê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Gawie Botha ·

Maak geen sin om kommentaar te lewer,en weereens te se dat Justisie sy huis in orde moet kry!,en dat hulle nie saam met die beskuldiges moet simpatiseer!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.