‘Stropers’ loop hul rieme vas in Pretoria

Argieffoto

Argieffoto

Vyf swaar gewapende vermeende renosterstropers is in hegtenis geneem na ʼn oor-en-weer skietery by die Rietvlei-natuurreservaat buite Pretoria.

Times Live het Dinsdag berig een van die verdagtes was op borgtog uit nadat hy vroeër vanjaar in Potchefstroom van renosterstropery aangekla is.

ʼn Verskeidenheid jagtoerusting, waaronder jaggewere en pistole met knaldempers op, is in hul besit gevind en die polisie het daarop beslag gelê.

Ballistiese toetse het dié wapens verbind met ʼn voorval waar twee renosters onlangs in die Dinokeng-natuurreservaat, oos van Pretoria, vir hul horings doodgemaak is.

Die polisie se blitspatrollie en honde-eenheid het Sondagaand op ʼn wenk van die Valke reageer, en die verdagtes langs die Rietvlei-natuurreservaat aangekeer.

Die verdagtes was in ʼn Toyota Hilux en ʼn Toyota Corolla – albei vermoedelik gesteelde voertuie.

Drie jaar gelede is twee renosters in dié reservaat uit ʼn helikopter vir hul horings doodgemaak. Die Tshwane-metro het daarna besluit om al die renosters in die reservaat te onthoring.

“As die stropers daarin kon slaag om een van die renosters te skiet, sou hulle met slegs ʼn stukkie renosterhoring kon wegkom, want hulle is onlangs weer onthoring,” het ʼn bron aan die koerant gesê. Volgens die bron was die verdagtes van plan om al 13 renosters in die reservaat te skiet.

Die mans word aangekla van die besit van onwettige wapens en ammunisie.

Bron: Time Live

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Pieter Potgieter ·

Sluit hul asb toe en geen borg nie want hulle sal weer wapens kry. Sny sommer ook hul horings af sodat hul ook pyn verduur.

Lawrance ·

Nou moet die idiote die stropers maar weer borgtog gee sodat daar weer ‘n plaasaanval of moord gepleeg kan word, sodat hulle weer wapens kan kry om weer renosters te kan stroop. En hoe verder ek tik hoe meer de hel in word ek. SA regstelsel = breindood kettiekoppe. DAMMIT!!!!!!!!!!!!

Erich Goosen ·

Ek steun die 2 vorige kommentators se seining. Nog ‘n klad op ons nuttelose regstelsel se naam.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.